Show Menu


Watch Getroud Met Rugby online: Episode 1 Episode 1

Die manne speel rugby...die vrouens speel die game! Hierdie nuwe kykNET-drama fokus op die intriges, verhoudings, skandale, huwelike, seksuele awenture, aspirasies en rugby-politiek agter die skerms en in die slaapkamers van vier ‘rugby-paartjies’ waarvan die manne op provinsiale vlak speel. Hulle span se naam: Die Stryders. Maar terwyl die manne rugby speel, is die vrouens besig met wedstryde van hulle eie, want die manne is getroud met rugby en die vrouens is getroud met die manne wat getroud is met rugby…en rugby is a jaloerse vrou! Inderdaad, hulle word nie verniet rugby-weduwees genoem nie. Daar is die uiters sexy Kiki (Hanna Grobler), wat ‘n plan het om vir haar ‘n rugbyheld te vang, en daardie man is ster-vleuel en playboy Fafa Betltrame (Altus Theart) – min weet hy dat sy haar oog op hom het. Teenoor Kiki is daar die klein teef Driekie (Ciske Kruger) wat enige iets sal doen om haar voorspeler, Dries (Garth Collins), wie se lewe sy met haar jaloesie en geldgierigheid hel maak, te hou. Abi Arendse (Stacey Koma) is die verwaande sepiester getroud met rugbyheld Brendan Storm (Marlon Roelfze) en met hierdie twee celebs in dieselfde huis spat die vonke gedurig. En wat sou ‘n drama oor rugby wees sonder die kaptein, Reinhardt Bekker (Henre Pretorius) wie se Oupa (Ryno Hattingh) hom van kleins af gedwing het om rugby te speel en nog steeds dit doen teen die wil van Reinhardt se vrou, Inge (Corine du Toit).

Ready to Watch Getroud Met Rugby, Season 1, Episode 1?
click here to see where to watch or .